Amarula-yskastert

Deel hierdie storie / Share this story

Of dit nou winter of somer is, hierdie resep vir Amarula-yskastert bly ʼn treffer!

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

Kors

200 g karamelgeur Romany Creams, fyngemaak
75 ml Clover Mooirivier-botter, gesmelt

Vulsel

10 ml gelatien
45 ml water
250 Clover- vars room
500 g roomkaas
385 g Clover-kondensmelk
5 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
45 ml Amarula-likeur
180 g melksjokolade
1 Flake-sjokoladestafie, gekrummel

Metode:

Meng die fyngemaakte koekies en gesmelte botter. Druk dit vas op die bodem van ’n 22 cm-tertbord of in ’n reghoekige tertbak van ongeveer 20 cm x 30 cm wat met botter gesmeer is.
Strooi die gelatien oor die 45 ml (3 e) water en laat dit staan tot sponserig. Smelt dit oor kookwater of mikrogolf dit vir ’n paar sekondes. Die gelatien mag nie kook nie.
Klits die room styf en vou dit by die roomkaas in. Roer die kondensmelk by. Meng die koffiepoeier en kookwater. Roer die likeur by en roer dit by die roomkaasmengsel.
Roer die gesmelte gelatienmengsel geleidelik by die roomkaasmengsel
Smelt die sjokolade oor kookwater. Laat dit effens afkoel en roer dit dan vinnig by die roomkaasmengsel tot gemeng.
Skep die vulsel op die kors en laat dit oornag in die yskas staan om te stol.
Strooi die Flake-sjokolade oor die tert voor opdiening.

Resep: Kaalvoet/Barefoot Chef

Foto: Food24