Guinness-wêreldrekord: Man eet vir 50 jaar elke dag McDonald’s Big Mac-burgers

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Wisconsin VSA het oor 50 jaar 32 340 McDonalds’s Mac-burgers geëet.

Donald Gorske (67) het die wêreldrekord behaal nadat hy 50 jaar lank minstens twee van dié burgers per dag verorber het.

Hierdie mylpaal het sy ontstaan in 1972 gehad toe Gorske sy eerste burger gekoop het.

“Ek het reguit McDonald’s toe gery, my eerste drie Big Mac’s gekoop, in die kar geklim en hulle geëet,. En wanneer ek van iets hou, hou ek daarby,” sê Gorske, wie se eetverslawing in die 2004 Morgan Spurlock-dokumentêr Super Size Me gedek is.

“In daardie oomblik het ek gesê: ‘Ek gaan dit waarskynlik vir die res van my lewe eet.”

Sedert daardie dag eet hy elke dag ten minste twee van die 563-kalorieë-gelaaide burgers.

Gorske het glo op sy “hoogtepunt” elke dag ‘n allemintige nege van die dubbeldekkerburgers soos ‘n Big Mac Pac-Man verslind.

As bewysstukke het Gorske alle koopstrokies en burgerbokse gehou.