Mega Millions, ‘n Amerikaans-gebaseerde loteryspeletjie, is weens ‘n verwarring gedwing om miljoene in uitbetalings aan spelers te weerhou.
Die amptelike aankondiger van die Mega Millions-uitslae het ‘n duur fout gemaak – die verkeerde nommer tydens ‘n trekking verlede week aangekondig.
Hy het die verkeerde nommer op die lug gelees en ‘n ‘6’ in plaas van ‘n ‘9’ uitgeroep.
“Op 10 Mei 2022 het die gasheer van die Mega Millions die Mega Ball verkeerdelik ‘n 6 genoem in plaas van ‘n 9. Die 9-bal is die amptelike resultaat. Die resultate van die trekking is deur Preston CPA geoudit,” het loterybeamptes in ‘n kort verklaring gesê, nie lank nadat die flater uitgesaai is nie.
Hulle het die wennommers bevestig as: 15, 19, 20, 61 en 70, plus die goue Mega Ball 9. Mega Millions-amptenare het kaartjiehouers aangemoedig om nog nie hul winste op te eis nie.
‘n Allemintige $86 miljoen was op die spel tydens die trekking.
“Die New York-lotery werk daaraan om die probleem so vinnig as moontlik op te los. Die lotery het prysbetalings vir alle Mega Millions-kaartjies tydelik opgeskort en alle Mega Millions-spelers moet hul kaartjies vir die trekking van 10 Mei 2022 hou totdat die kwessie opgelos is,” het hulle gesê.
Tot nou toe het niemand na vore gekom om die kaartjie op te eis nie – sowel die een met die werklike getalle as die een met die verkeerdelik aangekondigde nommers.
Bronne: The World News, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Kyk: Man vra meisie op haar pa se begrafnis om met hom te trou



