Kby-inwoners bly na drie mans self ingryp oor geblokte drein

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

Kimberley-inwoners prys nou die werk van drie mans na hulle self ingespring het om ‘n geblokkeerde drein in ‘n straat in Homelite oop te maak.

Megan Long, eienaar van Krap & Kry in die stad, het die aanvanklike plasing op Facebook gemaak om die drie mans vir hulle harde werk te bedank.

“Hierdie is voor my huis,” skryf sy. “Die rioolwater het die hele straat vol gelê en die dreine was geblokkeer tot drie jong manne besluit het genoeg is genoeg.”

Lees ook: Klein Liané Roux word te ruste gelê

“Hulle werk net met ‘n graaf, kruiwa en ‘n paar ysters en hulle hande om die drein oop te maak en hulle doen ‘n baie goeie job.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.