Strande in Durban gesluit weens hoë vlakke van E. coli (bakterieë) in die seewater

eThekwini-munisipaliteit het in ‘n verklaring die publiek ingelig dat alle strande gesluit bly tot verdere kennisgewing weens hoë vlakke van E. coli in die water as gevolg van die onlangse vloede.

Escherichia coli (E. coli) veroorsaak blaasontsteking en diarree.

Alle wateraktiwiteite word verbied. Strandgangers word versoek om sonder twyfel ag te slaan op hierdie waarskuwing, want as dit nie in ag geneem word nie, kan dit lei tot uitbrekings van water-oordraagbare siektes soos cholera, wat dodelik kan wees.

“Inwoners kan steeds ander aktiwiteite langs die strand geniet, wat geen kontak met seewater benodig nie,” lui ‘n verklaring op Facebook.

Spanne is tans besig om water- en sanitasie-infrastruktuur reg te maak, wat deur swaar reën beskadig is.

Watertoetse word daagliks uitgevoer en die publiek sal in kennis gestel word sodra E. coli-vlakke tot aanvaarbare standaarde daal.

Leave a Reply

Your email address will not be published.