SA het meer as 10 000 nuwe Covid-19-gevalle

Die nuutste statistieke oor die Covid-19 toon dat Suid-Afrika nou 69 872 aktiewe gevalle het.

SA het meer as 10 000 nuwe Covid-19-gevalle

SA het meer as 10 000 nuwe Covid-19-gevalle foto: Canva

Meer as 10 000 meer mense het die afgelope 24 uur positief getoets vir Covid-19 in Suid-Afrika. Dit is die land se grootste styging die afgelope maande.

Die departement van gesondheid het Woensdag gesê die land se Covid-19-syfers het met 10 017 met 50 nuwe sterftes geklim.

Die nuutste statistieke oor Covid-19 toon dat Suid-Afrika nou 69 872 aktiewe gevalle het.

Volgens die National Institute for Complicicable Diseases (NICD) is die meerderheid nuwe gevalle vandag van Gauteng (39%), gevolg deur Kwa-Zulu Natal (21%). Wes -Kaap het 17% uitgemaak, die Oos-Kaap en Vrystaat het elk onderskeidelik 6% uitgemaak. Mpumalanga en Noordwes het elk onderskeidelik 3% gehad; Noord-Kaap 2% en Limpopo het 1% van die nuwe gevalle aangemeld.

Die NICD het opgemerk dat daar die afgelope 24 uur ‘n toename van 164 hospitaalopnames was.

Bronne: IOL, Jacaranda FM                                                                                

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Regulasies oor maskers en byeenkomsbeperkings in hof betwis

Leave a Reply

Your email address will not be published.