H/S Diamantveld bied aan ‘Die Maan en die Sterre’ en ‘Doodgewone Tiener’

Toneel en kultuur kry soms gans te min erkenning, maar Hoërskool Diamantveld poog dié jaar om dit te verander met nie een nie, maar twee toneelstukke wat hulle op 18-19 Mei op die planke bring.

Toneel 1, Die Maan en Sterre, handel oor die liefde – en hoe moeilik dit is om die liefde as tiener te vind. Toneel 2, ‘n Doodgewone Tiener, vat die essensie van tienerwees verder met ‘n reis deur die brein van ‘n doodgewone, normale tiener.

Teen slegs R40 ‘n kaartjie vir beide toneelstukke, is hierdie beslis nie iets wat mens wil misloop nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published.