Sangsensasie- Belinda en Amy

Deel hierdie storie / Share this story

Belinda & Amy is ‘n dinamiese sanggroep wat al twee jaar lank sing.

Belinda is al lank in die musiekbedryf en het gereeld solovertonings of vertonings met ‘n volle band gehad. Een aand by ‘n “Gallery House Song Writers Evening”, het Belinda vir Amy hoor sing, en sy het haar gevra om ‘n paar liedjies by elke vertoning te doen.

“Toe gebeur ‘lockdown’ en ons bly op dieselfde perseel, so ons het toe bietjie saam begin ‘live streams’ doen. Albei van ons voel die ‘point of no return’ was Belinda se eerste vertoning nadat ‘live shows’ gestop was tydens ‘lockdown’. Sy het my gevra om by haar op die verhoog aan te sluit. Dit was minder as 24 uur nadat haar ma haar stryd teen kanker verloor het. Belinda het gesê haar ma sou nie wou gehad het sy moes die vertoning aanskuif nie. Ek was vir die hele vertoning saam met haar op die verhoog. Dit was swaar emosioneel, maar ons het net deurgedruk en ons beste gedoen. Van daar af het ons nooit teruggekyk nie.”


Belinda en Amy is albei sanger-liedjieskrywers, en hulle het ook saam begin skryf. “Met ons liedjie “2019” het Belinda basies die hele liedjie geskryf en toe maak ek net aanpassings en klein veranderinge saam met haar.

“Ons lag altyd as mense ons vra watter genre ons musiek is, want hulle sê mens kan net twee of drie genres bymekaar sit en met ons is dit moeilik, maar ons sal sê dis die naaste aan folk rock of ‘adult contemporary’ en ‘n bietjie blues. Ons sing en skryf in Afrikaans, Engels en Portugees.”


“Ons is baie bevoorreg om te kan sê ons het ‘n hele paar vertonings wat voorlê. Ons gaan in die volgende paar maande in Bloemfontein, Pretoria, Johannesburg en Ladybrand optree. Moontlik nog in Welkom ook en ons beplan ‘n toer Kaap toe in Desember. Ons ‘show guides’ is weekliks beskikbaar op ons Facebook-blad, “Belinda & Amy” of op ons Instagrams @belinda_van_zee_music en @amez201201.”


Vir dié twee is die lekkerste van musiek die feit dat musiek hulle verlore laat raak in iets “beslis bo- natuurliks.” “Dis ‘n manier om met mense te ‘connect’ ongeag klas of kultuur of ras of kerk of seksualiteit. Kinders dans voor hulle kan loop. Musiek is beslis deel van almal se menswees.”

Belinda en Amy sê hulle het baie rolmodelle in die musiekbedryf. “Daar is so baie, van internasionaal – Mellisa Etheridge, Dolly Parton, Phineas – na plaaslike musikante hier in Suid Afrika soos Mango Groove, Reets, Marcia Moon, Liv Die en Concrete Chapel. Ons is daagliks geïnspireer deur die musikante om ons.”

Foto’s deur @yourphotosa
Foto’s deur @yourphotosa


Sang is nog nie hul voltydse loopbane nie. “Ons altwee het ander werke. Belinda is ook ‘n visuele kunstenaar en gee musiek- en kunsklasse uit haar eie studio. Dit is ook ons kantoor en ek het ‘n kantoorwerk.”

Gaan luister gerus na hulle liedjies op enige digitale platform.
“Dagdanser” is op Kyknet Nou en op Youtube.
“2019” en “Corny Love Song” is ook nou beskikbaar. Hulle is besig om hulle nuutste enkelsnit op te neem – “African Dancer”.