Cilliers Bring, DA- nasionale woordvoerder MP, Harold McGluwa MPL, provinsiale leier, Delmaine Christians MP, NCOP-lid en ander DA-raadslede van Sol Plaatje, sal vandag die provinsiale R31-pad besoek.
Dié pad is oorspoel met riool- en varswater na jare waarin die instandhouding van infrastruktuur in Kimberley nie aandag geniet het nie.
Terwyl R32 miljoen vir die herstel van die R31 beskikbaar gestel is, bly die vraag of dié herstelwerk volhoubaar is, aangesien die oorsaak van die water nog nie vasgestel is nie.
Die lede sal ook ‘n nasionale pad buite Kimberley besoek waar dieselfde probleem dreig indien daar nie voorlopig aksie geneem word nie.
‘n Belangrike aankondiging sal na die besoeke volg.



