Onthou van die beplande wateronderbreking – Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Die Sol Plaatje-munisipaliteit herinner inwoners aan die beplande wateronderbreking wat dié naweek sal plaasvind.

Die wateronderbreking sal vir die hele stad geld en sal van Donderdag 12 Mei tot Sondag 15 Mei geïmplementeer word.

Die munisipaliteit sê daar sal aan waterlekke op die 965mm-pyplyn naby Gogga en die 600mm-pyplyn naby Roodepan gewerk word.

Watertenks sal ook in verskeie areas beskikbaar gestel word.