Contralesa vra vir nog ‘n nasionale vakansiedag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Contralesa) het ‘n beroep gedoen vir die instel van ‘n nuwe openbare vakansiedag om Afrika-spiritualiteit te vier en te erken, berig die Daily Maverick.

Voorvaderdag, wat op 8 Mei sal val, sal gewy word aan “refleksie, gebed en paai van ons voorvaders”.

Die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers en die Nasionale Khoisan-raad het reeds die openbare vakansiedag erken en beywer hulle nou vir ‘n formele verandering op nasionale regeringsvlak.

“Ons het geglo dit moenie net daar eindig waar (8 Mei) bloot as Voorvadersdag erken word nie. Ons dink dit moet verder geneem word, en ‘n openbare vakansiedag gemaak word,” het Contralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, aan die koerant gesê.

Hy het bygevoeg dat hoewel Voorvadersdag ‘n paar rituele optredes behels, word daar van mense verwag om die maniere te kies waarop hulle hul eie voorouers wil onthou en daaroor reflekteer.

“Ons sal nie aan mense voorskryf (wat op Voorvadersdag gedoen moet word nie), want dit gaan in ooreenstemming met die rituele en gebruike van elke gesin.”

Suid-Afrika het 12 openbare vakansiedae in 2022 – waarvan sewe reeds verby is, insluitend ‘n “bykomende” dag af om Werkersdag te vier, wat op ‘n Sondag (1 Mei 2022) geval het.

Die volgende openbare vakansiedag – Jeugdag – val op Donderdag, 16 Junie.

Bronne: BusinessTech, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: ANC-lede probeer glo Hillary Gardee-moordverdagte verdedig