Kanye West word gedagvaar deur ‘n pastoor omdat hy na bewering ‘n deel van sy preek “gesteel” het om vir ‘n Donda-lied te gebruik.
Luidens berigte het die rapper nie toestemming gekry om die preek op die album te gebruik nie en word hy nou hof toe gesleep.
Biskop David Paul Moten dagvaar die Jesus Walks-rapper vir die gebruik van sy preek in die liedjie Come To Life wat op sy album Donda is.
Moten beweer sy preek word vir 70 sekondes van die snit van vyf minute en 10 sekondes gebruik. Dit maak meer as 20 persent van die liedjie uit.
Die pastoor sê ook dat sy stem en preek in die lied se intro gebruik word en deur die lied gelus word – iets waaroor hy nie besonder bly is nie.
Moten dagvaar ook UMG Recordings, Def Jam Recordings en G.O.O.D Music vir skadevergoeding oor die onwettige gebruik van sy preek.
West se aanhangers het nou besluit dat die pastoor gulsig is en net die “ander wang moet draai”.
Bronne: Headtopics, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word



