Die departement van gesondheid se uitbreiding van regulasies oor die dra van maskers, byeenkomste en reis is nie geskik vir die doel nie.
Prof. Shabir Madhi, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê die regering se regulasies is vol teenstrydighede en kan die land se reeds siek ekonomie verder benadeel.
Hy sê die departement van gesondheid ignoreer steeds die advies van sy eie ministeriële advieskomitee oor Covid-19.
Intussen is Covid-19-infeksies op ‘n opwaartse trajek. Die getal nuwe infeksies het die afgelope 24 uur tot byna 10,000 opgeskiet.
Madhi sê die meerderheid van die besmette mense word nie getoets nie.
Bronne: IOL, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Polisiebeampte glo buite dogter se skool doodgeskiet tydens kaping



