Adam Barnard, die bekende sanger wat vir baie jare deel was van die sanggroep Romanz, is vanoggend op die ouderdom van 38 jaar oorlede.
Almitra Barnard, sy vrou, het die nuus op sy Facebook-blad bevestig.
“Adam is vanoggend vroeg na sy hemelse huis waar hy uiteindelik pynvry kan wees en weer sing en hardloop.
“Dankie vir elkeen wat ons gedra het in gebed en nog sal. Die wêreld se gebede omring ons en dis wat ons nou nodig het.
Almitra Barnard”



