Laerskool Eureka neem afskeid van geliefde skoolhoof

Meneer Manie Verreyne tree op 30 April na 41 jaar in die onderwys af. Hy was vir 13 jaar en vier maande die skoolhoof van Laerskool Eureka in Kimberley.

Verreynne sê nadat hy afgetree het, verhuis hy binnekort na die see en berge van die Boland waar hy as kind grootgeword het.

Hy sê die hoogtepunt van sy loopbaan is die menigte vriendskapsbande en wedersydse invloed wat ‘n skool en gemeenskap ten goede met mekaar smee. “Elke jaar het sy eie hoogtepunte gebring soos ook in die lewe van elke leerling binne Eureka.”

Vir Verreynne is die onskuld in elke kinderstem wat die Here prys in lofsang tydens saalbyeenkomste, iets wat hom altyd sal bybly.

Sy raad aan nuwe skoolhoofde: “Wees nederig en stel kinders se behoeftes en belange altyd eerste bo die vereistes van buite met minder belangrike opvoedkundige waardes. Kinders is die kleinnode van God en aan hulle behoort die koninkryk van die Hemel.”

Hier volg die afskeidswoorde van Mnr Manie:

Aan die einde van my tyd as opvoeder en skoolhoof wil ek graag groet in die woorde van
Koos du Plesss in sy lied getiteld Gebed
Wat ek is, is net genade
Wat ek het, is net geleen.
Ek smag na waters van rus
Lei U my asb daarheen.

Dankie vir elkeen van u wat die afgelope 24 jaar hier by Eureka en sy gemeenskap saam met my kinders na ons Hemelse Vader gelei het.
Mag julle steeds voortgaan om Sy saad te saai en kinders na Hom en Sy Ewige Koninkryk te lei.

Dit is die Roeping van ons lewe. Niemand gaan aan die einde van jou lewe jou vra of kinders die kurrikulum voltooi het nie, maar wel of jy kinders na Hom gebring het. Dit is Sy opdrag.

Lewe ons visie as Christelike skool uit. Dit is al wat saak maak. God seën elkeen van julle, Eureka en sy gemeenskap.

Totsiens
Mnr. Manie

Leave a Reply

Your email address will not be published.