KYK: Lykshuiswerkers kry lewende bejaarde pasiënt in lyksak

Deel hierdie storie / Share this story

Lykshuiswerkers in Shangai het Sondag groot geskrik toe hulle ‘n geel lyksak oopmaak en ‘n bejaarde Covid-19-pasiënt lewend in die sak vind.

Vyf amptenare is gestraf en een dokterslisensie is ná die voorval opgeskort, het die Shangai-regering bevestig.

Sosialemedia-gebruikers is woedend na ‘n video van die voorval aanlyn versprei is.