Dié bosluis se byt kan jou allergies vir rooivleis maak

Deel hierdie storie / Share this story

Net een byt van die bosluis, en jy is dalk allergies vir rooivleis vir die res van jou lewe.

Die Lone Star-bosluis, wat veral in Amerika voorkom, veroorsaak ‘n baie skaars tipe allergiese reaksie op ‘n soort suiker wat in beesvleis, varkvleis, skaapvleis en ander rooivleise voorkom.

Hierdie bosluis, wat in die oostelike dele van Amerika uitgebroei het, het nou na die meer noordelike en westelike dele van Amerika versprei.

Wanneer die bosluis soogdiere soos muise of hase byt, neem hulle alpha-gal-suikers in, wat dan later aan die mens oorgedra word.

Lees meer hier.