Polisie steeds op soek na persoon wat baba steel

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is steeds op soek na die persoon wat ‘n twee maande oue baba gesteel het.

Die baba is op 30 April 2022 by ‘n verdagte gelaat terwyl die ma by ‘n winkel in Bishop Lavis ingegaan het. Met die ma se terugkoms was die verdagte en die twee maande oue baba skoonveld.

Die Bishop Lavis-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vra die publiek om hulp om die kind en verdagte op te spoor. Die verdagte en vermiste kind is op die meegaande foto’s te sien.

Enige persoon met inligting oor die voorval of wat kan help om die verdagte en die baba op te spoor, word versoek om die ondersoekbeampte, speurdersersant Thembisa Buqa, by 073 519 3384/021 935 9806 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.