Die wêreld se grootste blou diamant wat nog ooit op ‘n veiling verkoop is, is vir $57,5 miljoen, oftewel R917 miljoen, verkoop.
The De Beers Cullinan Blue, die massiewe 15.10 karaat fyngesnyde juweel, is volgens Sotheby’s in Hong Kong verkoop ná ‘n agt minute lange bodoorlog tussen vier hoopvolle kopers.
Die wenbod, wat sy hoë skatting van $48 miljoen oortref het, het telefonies van ‘n anonieme koper gekom.
Die skaars diamant is in 2021 in Suid-Afrika se Cullinan-myn gevind, en dit het die hoogste ranglys behaal waarvolgens gekleurde diamante beoordeel word.
Luidens ‘n verklaring van Sotheby’s het die Gemological Institute of America (GIA) die juweel as “fancy vivid blue” gekategoriseer.



