Die Umhlali-polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdag 26 April ‘n klag ontvang van ‘n 4-jarige kleuter wat in een van die koshuise in Ballito gesterf het.
Die polisie het na die genoemde adres gegaan en met hulle aankoms het die polisie die ma van die kind ontmoet. Sy het glo gesê haar kind is “moeilik” en dar sy besluit het om haar dogter in ‘n emmer vol water te verdrink, totdat sy ophou beweeg.
Die polisie het op die toneel afgekom waar die kind se hande met kleefband vasgebind is, en het die dogtertjie op die toneel dood verklaar.
’n Saak van moord is deur die Umhlali-polisie geopen.
Die 45-jarige vrou is in hegtenis geneem en van moord aangekla. Sy sal na verwagting vandag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.
Lees meer: https://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php?nid=39475



