Geen beurtkrag die week verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het Woensdag in ‘n onderhoud op SABC News gesê dat die kragreus nie verwag om beurtkrag vandeesweek in te stel nie.

Volgens Eskom kan dit toegeskryf word aan die feit dat gister ‘n openbare vakansiedag was, wat beteken dat groot fabrieke wat baie krag gebruik gesluit is, en dat dit ‘n korter werksweek is.

Eskom maan egter kragverbruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, aangesien enige onklaarrakings van opwekkingseenhede weer die instelling van beurtkrag sal beteken.