Landbouers, uitstallers en boere is ontsteld oor die nuwe regulasies wat vereis dat almal wat Nampo-skou wil bywoon óf ingeent moet wees, óf ‘n negatiewe Covid-19 toets moet wys.
Marcus Volschenk sê op Facebook: “Die NAMPO oesdag sal my nie sien nie. As ek n uitstaller was het ek ook onttrek. As publieklid sal julle my ook nie sien nie. Wat is NAMPO nou beter as die Kragdag? Daar was geen verpligting by die Kragdag nie. Verseker sál die Kragdag my weer vanjaar sien. Die organiseerders van Kragdag ( Sakeliga) moet nou ook nie so simpel raak soos die organiseerders van NAMPO nie, Dan sien Kragdag my ook nie. Elke organiseerder van Enige fees/ byeenkoms wat hierdie ANC kriminele bende se regulasies wil implementeer moet weet. Die vuisvoos publiek gaan met hulle voete en met hulle geld stem.”
“Ramkat” op Facebook het sy mond daaroor uitgespoel. Hoe voel jy daaroor?



