Klein Liané Roux kry uiteindelik hartoperasie

Deel hierdie storie / Share this story

Klein Liané Roux, vir wie daar vir lank geld ingesamel is sodat sy ‘n dringende hartoperasie kon kry, het Vrydag die rekonstruktiewe operasie aan haar hart ondergaan.

Op die Facebook-blad wat vir haar fondsinsamelings en vordering geskep is, Liané Roux Heart Fund, is ‘n plasing wat sê Liané was vir 3,5 uur in die hospitaal.

“Sy sal nou ‘n normale lewe kan leef.”

(Foto’s: Liané Roux Heart Fund, Facebook)