‘n Reuse daggaplaas is Vrydagoggend in Klein Drakenstein, Paarl ontdek.
Die polisie het ‘n onbekende som geld se verwerkte en onverwerkte dagga gekonfiskeer en volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is 25 verdagtes tussen die ouderdomme van 18 en 55 jaar in hegtenis geneem.
Die polisie het glo inligting ontvang oor ongerymdhede wat op die plaas aan die gang is, ‘n taakspan is saamgestel en Vrydag het die polisie daar toegeslaan.
Kol. Traut sê ‘n groot hoeveelheid daggaplante en verwerkte dagga, gereed om verkoop te word, is gekonfiskeer.
Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.
Kol. Traut sê ook die moontlikheid bestaan vir nóg verdagtes om in hegtenis geneem te word.






