Boervrou van Vrede skiet aanvaller dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boervrou wou haar man, wat deur vyf aanvallers op hulle plaas oorval is, help toe sy skote in die aanvallers se rigting afgevuur het en een doodgeskiet het.

Adj.-off. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek nou ‘n saak van moord en twee sake van poging tot moord.

Die egpaar is omstreeks 23:45 wakkergemaak deur ‘n geraas in hulle plaashuis op Vrede.

Die boer het opgestaan om te gaan kyk waar die geraas vandaan kom, toe hy deur vyf gewapende mans oorval is.

Adj.-off. Mophiring sê die boer het glo met een van die verdagtes gestoei toe hy om hulp geroep het.

“Sy vrou het uit die slaapkamer gekom en skote afgevuur in die rigting van die aanvallers. Een van die aanvallers is doodgeskiet en ‘n ander gewond. Al vier verdagtes het van die toneel gevlug.”

Adj.-off. Mophiring sê die boer is ook in die voorval beseer en is saam met sy vrou na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie en ander boere het die omgewing gefynkam op soek na die verdagtes, maar niemand is nog in hegtenis geneem mie.