Plaasmoord: Bejaarde egpaar ‘onherkenbaar verband’

Deel hierdie storie / Share this story

Die boeregemeenskap is in rou na die dood van nog ‘n 74-jarige boer en sy vrou op hulle plaas in Limpopo.

Louis Cloete (74) en sy vrou, Ina, is Woensdag op hulle plaas net buite Thohoyandou oorval.

Die verdagtes, wat intussen volgens lt.-kol. Malesela Ledwaba aangekeer is, het die egpaar om 16:20 Woensdagmiddag oorval, hulle plaashuis omgekeer en verskeie besittings gevat voor hulle die plaashuis aan die brand gesteek het.

Die egpaar was nog in die huis en volgens lt.-kol. Ledwaba was hulle “onherkenbaar verbrand”.

‘n Verbyganger het glo twee verdagte persone op die plaas sien ronddwaal. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes glo net op pad was om die plaas te verlaat. Die egpaar se bakkie was volgepak met hulle besittings.

Die twee verdagtes is glo onderbreek terwyl hulle besig was en het die bakkie net daar gelos en te voet gevlug.

Die polisie is in kennis gestel en toe hulle op die toneel aankom, het hulle die plaashuis aan die brand gekry.