Ten minste ses dood na ontploffings by skole in Kabul

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste ses mense is dood en 11 gewond na Dinsdag se ontploffings by skole in Kabul.

Volgens NGO Emergency is sewe beseerde kinders na ‘n hospitaal geneem.

“Veiligheidsmagte is op die toneel en ondersoeke aan die gang,” het Khalid Zadran, hoofwoordvoerder van Kabul-polisie, Dinsdag in ‘n twiet gesê.

Die Taliban het enige betrokkenheid by dié aanval ontken en geen groepe het tot dusver verantwoordelikheid aanvaar nie.

Bronne: CNN, Mercury News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Taliban beveel middel- en hoërskole vir meisies om te sluit