(Fuxing high speed trains operated by China Railway Corporation seen at the South Railway Station in Beijing. (Photo by Alex Tai/SOPA Images/LightRocket via Getty Images)
Chen Xiaodong, Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, sê China beplan om binnekort ‘n hoëspoedtrein in Suid-Afrika te bou.
Die beplanning vir dié trein is al vir meer as ‘n dekade aan die gang en Xiaodong sê China wil op dié manier help om werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep.
Die Chinese ambassade in Suid-Afrika het ook R1 miljoen bygedra tot die departement van maatskaplike ontwikkeling se hulpfonds wat gestig is vir die slagoffers van die KZN-vloede.



