‘n Bekende boer in Calvinia en ook deelnemer aan Boer Soek ‘n Vrou, is Saterdagaand in dié dorp vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het by navraag oor sy inhegtenisname gesê die polisie ondersoek ‘n saak van dronkbestuur na ‘n man Saterdagaand omstreeks 22:45 in hegtenis geneem is.
“Die verdagte het na bewering arrestasie geweier en ‘n addisionele klag van aanranding is geopen.”
Die boer het nog nie in die hof verskyn nie en is op op waarskuwing vrygelaat. Hy sal weer op 25 Julie vanjaar in die hof verskyn.
Die polisieondersoek duur voort.
Volg FiND iT hier op Facebook.



