‘n Universiteitstudent is dood tydens ‘n opvoering van Jesus se kruisiging – en konsertgangers het gedink dis deel van die opvoering.
Die 25-jarige Sule Ambrose was aan die Clariantian University besig om te studeer om ‘n priester te word.
In ‘n opvoering voor Paasnaweek het ‘n groep studente besluit om Jesus se kruisiging op te voer en Ambrose het die rol van een van Jesus se dissipels gespeel.
Tydens die opvoering het Ambrose inmekaargesak en begin bloei. Plaaslike media berig konsertgangers het gedink sy ineenstorting is deel van die toneel.
Micheal Eluwa, een van die getuies, sê dit was toe Ambrose nie kon opstaan nie, wat hulle besef het dis nie deel van die drama nie. Ambrose is na ‘n hospitaal gejaag.
Die oorsaak van Ambrose se dood is nog nie bevestig nie. – Daily Mail



