Polisievideo is vrygestel van ‘n wit beampte wat ‘n swart man noodlottig in die agterkop skiet ná ‘n gestoei oor ‘n skokgeweer.
Beeldmateriaal van die 4 April-voorval in Grand Rapids, Michigan, wys hoe Patrick Lyoya (26) van die beampte af hardloop na ‘n verkeersstop.
Die polisiebeampte, wie se naam nie genoem is nie, word dan gehoor hoe hy vir mnr. Lyoya sê om sy Taser te “los” voordat hy geskiet word terwyl hy met sy gesig na onder op die grond lê.
Die skietery het tot betogings gelei.
Tientalle betogers het Woensdag buite die Grand Rapids-polisiedepartement (GRPD) saamgedrom en geëis dat die naam van die betrokke polisiebeampte bekend gemaak word.
Die staatspolisie ondersoek tans die voorval.
Bronne: CBC, BBC
Volg FiND iT hier.



