Polisie bevestig saak oor babaseuntjie tussen swartsakke in Hadison Park

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het nou aan FiND iT bevestig dat die liggaam van ‘n pasgebore babaseuntjie tussen swartsakke in ‘n straat in Hadison Park in Kimberley gevind is.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die babatjie is omstreeks 09:30 Woensdagoggend deur sakkrappers in Caledonstraat gevind.

“Rondlopers het na bewering in swartsakke gekrap en vir kos gesoek toe hulle ‘n sak met bloed gesien het.”

Kapt. Jansen sê paramedici is in kennis gestel en die baba is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.