Gr. 5-leerling sterf in modderstorting

Deel hierdie storie / Share this story

Die Gelofte Skool in Pinetown in Durban het gister die hartseer nuus bekendgemaak dat een van hulle leerlinge in ‘n modderstorting in die provinsie dood is.

Julia Fourie, haar ma, Marinda Fourie, en haar ouma, Hester Grobler, is Dinsdag deur ‘n modderstorting uitgewis.

Julia was in graad 5.

Die skool skryf: “Dit is met groot hartseer dat ons die Loffie gemeenskap meedeel van die afsterwe van Julia Fourie in gr 5.1, haar ma Marinda Fourie, asook haar ouma Hester Grobler, in ‘n modderstorting gister.

Ons innige meegevoel vergesel die familie en vriende.”