Bloemfontein het sedert 1915 vir ‘n bietjie meer as twee dekades ‘n tremstelsel gehad wat die heel eerste openbare vervoerstelsel in dié dorp was.
Die Bloemfonteinse trembedryf was merkwaardig, omdat dit die land se heel eerste elektriese spoorlose stelsel tot stand gebring het.
Kaapstad, Pretoria en Pietermaritzburg het in dié tyd reeds elektriese tremstelsels gehad en so ook ander groot stede soos Durban, Johannesburg, Port Elizabeth en Kimberley.
Die stelsel het ook struikelblokke in die gesig gestaar en finansiële probleme was vir dié bedryf ‘n groot probleem.
Die bedryf het in die 1920’s ‘n groot laagtepunt bereik toe dit as vervalle en wanordelik beskou is.
Verskeie aksies is geneem om dié beskouing te verander en die tremstelsel in ‘n beter lig te sien. Daar is ook ‘n munisipale bestuurskomitee vir die bedryf aangestel.
Verder het die trembedryf daaronder gely dat baie Bloemfonteiners ander vervoer soos motors en motorfietse begin gebruik het. – National Museum Publications



