Pasgebore babatjie se liggaam in Hadison Park gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die naakte liggaam van ‘n pasgebore babatjie is vanoggend net na 11:00 in Caledonstraat in Hadison Park in Kimberley gevind.

Twee van die verbygangers het aan FiND it bevestig twee sakkrappers het 11:00 op die babatjie, wat in ‘n boks was, afgekom.

Een verbyganger sê sy het 11:00 in Caledonstraat afgery en gesien hoe twee sakkrappers langs die pad sit. Toe sy ‘n bietjie later weer terugry, was die polisie en nooddienste op die toneel.

‘n Ander verbyganger sê sy kon die pasgebore babatjie, met nog ‘n bebloede naelstringetjie, in die boks sien lê.

Die baba was reeds dood.

Volgens die verbygangers se inligting was daar ‘n motor wat vanoggend ‘n rukkie in die straat stilgestaan het, en toe weer gery het.

FiND iT het by die polisie navraag gedoen, maar wag nog vir terugvoer.