Die polisie het Maandag bokse vol drank uitgegooi na hulle die nagemaakte drank by drie bottelstore op Bultfontein gekonfiskeer het.
Lede van die polisie het drie drankwinkels besoek en die alkohol gekonfiskeer. Tydens dieselfde veldtog het die polisie vervalsde klere en skoene ook gekonfiskeer.
Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om versigtig te wees vir vervalsde goedere. – SAPS




