KYK: Paaldanser wys vir senior burgers hoe en inwoners probeer ook

Deel hierdie storie / Share this story

Professionele paaldansers kry waarskynlik baie vreemde versoeke, maar hierdie span dalk die kroon. ‘n Sentrum vir senior burgers het versoek dat die paaldanser Embla Bergli ‘n vertoning vir hul inwoners aanbied.

Sy het ‘n snit van haarself wat op die paal sweet vir die bejaardes by die sentrum op TikTok geplaas.

“Ek is gevra om by ’n senior sentrum op te tree,” het sy in die plasing geskryf. Dit het gelyk of haar vertoning ‘n wenner was. Sy het bygevoeg: “En laat ek jou vertel -hulle was mal daaroor.”

Die video het gewys hoe van die inwoners vir die pret die gewilde fiksheidsroetine probeer.

@embla.pole ❤️ #poledance #polelife #seniors #poleheels ♬ A Thousand Material Gworls – Bobby Marks

Bronne: TikTok, IOL

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Paasnaweek se weer: moenie jou sambreel wegsit nie, dit gaan reën