Reddingspanne soek steeds na die ander drie persone, waaronder twee kinders, wat gisteraand saam met hul motor in KZN weggespoel het.
Reaction Unit South Africa en ander nooddienste was Maandagaand op die toneel waar die motor van ’n brug afgespoel het.
Reaction Unit South Africa het met ’n helikopter na die gesin en die motor gesoek en sê-Anne Rall, ’n joernalis, het pas die nuus bekendgemaak dat die motor gevind is.
Medi Response Search and Rescue-lede is tans nog op soek na die ander drie persone wat in die motor was. Een is dood.



