Vrou spoel weg na sy laagwaterbrug probeer oorsteek

Deel hierdie storie / Share this story

Weersomstandighede maak dit nou moeilik vir nooddienste om te soek na ‘n vrou wat deur die Nonotirivier weggespoel het na sy probeer het om ‘n laagwaterbrug oor te steek.

Volgens Dylan Meyrick, IPSS Medical Rescue-woordvoerder, is die vrou nog nie geïdentifiseer nie. Die vrou het glo die laagwaterbrug probeer oorsteek en het onder die water verdwyn.

Meyrick sê ook die reddingspan wag vir ‘n getuie wat die vrou kan identifiseer.

Die swaar reenval het baie skade aan paaie en huise regoor die provinsie veroorsaak. – Daily News