Foto: Daily Mail
‘n Transgender moordenaar wat lewenslange tronkstraf uitdien na sy ‘n selmaat met skoenveters verwurg het, kry nou ‘n fopspeen in die tronk omdat sy as ‘n “baba” identifiseer.
Sophie Eastwood (36) het ook vir doeke en babakos gevra waar sy in die Polmont-tronk in Falkrik toegesluit is.
Eastwood het die 22-jarige Paul Algie in 2004 vermoor.
Eastwood, wat destyds Daniel was, is op 18 toegesluit vir gevaarlike bestuur. Daar was slegs ‘n maand van haar vonnis oor toe sy Algie vermoor het.
‘n Bron van die tronk het aan Daily Mail gesê die tronk het geen protokol in plek vir wanneer gevangenes besluit hulle identifiseer as babas nie.



