‘n Man van eMalahleni is Vrydag laas in sy tuisdorp gesien nadat hy ‘n nuwe motorfiets in Middelburg gaan koop het.
Volgens Middelburg Observer word daar tans gesoek na mnr. Anthony Gregory Newton (41) wat Donderdag 7 April ‘n nuwe motorfiets by Bike City in Middelburg gekoop het.
Hy het aanvanklik versoek dat die motofiets by hom afgelewer word, maar het Vrydag besluit om self die motorfiets te gaan haal.
Hy het sy Toyota Yaris by Bike City gelos en is weg met die motorfiets.
Hy het sy vrou laat weet dat hy omstreeks 12:00 Vrydag tuis sou wees, maar het nooit daar opgedaag nie.
Mike Bolhuis en sy ondersoekspan is ook by die soektog betrek.
Indien enigiemand weet waar mnr. Newton hom bevind, kan hulle die volgende nommers skakel: 071 834 8509 of 079 499 9519.



