Die DA in die Noord-Kaap doen ʼn beroep op die Sol Plaatje-munisipaliteit om die slaggate in Kimberley reg te maak.
Inwoners sê dat die slaggate hul voertuie beskadig en dat dit geld kos om reg te maak.
Dit gaan die munisipaliteit na raming sowat R314 miljoen kos om die stad se slaggat-probleem op te los.
Volgens die party kan die bedrag aansienlik meer wees, weens agterstallige instandhouding wat ook aangespreek moet word.
Die DA se Marie Beylefeld het aan die media gesê die munisipaliteite moet dringend aandag gee aan die probleem.



