Saamgevoegde tweeling in Limpopo-hospitaal gebore

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Saamgevoegde tweeling (conjoined twins) is Donderdag in die Jane Furse-hospitaal in Limpopo gebore.

Volgens die departement van gesondheid in Limpopo is die tweeling Donderdag via ‘n keisersnee gebore.

Die 41-jarige ma het volgens die departement tydens haar swangerskap slegs geweet dat sy ‘n gewone tweeling verwag. Eers toe dokters die keisersnitoperasie begin doen het, het hulle besef die babatjies is by die bors en maag aan mekaar verbind.

Die babatjies is sonder enige komplikasies gebore en na die Mankweng-hospitaal oorgeplaas. Die ma is ook gesond en steeds in die hospitaal.