Man skiet glo vrou, homself                

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 65-jarige man het na bewering ‘n 39-jarige vrou geskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.

Volgens Algoa FM het Michael de Kock na bewering sy vrou, Chantelle Redgard, buite hul huis op Despatch geskiet voordat hy na sy huis teruggekeer en homself geskiet het.

Kaptein Swart sê die omstandighede rondom die voorval is sensitief en geen verdere inligting sal bekend gemaak word nie. Sy sê ‘n saak van moord word ondersoek.

Daar word beweer Redgard is verskeie kere geskiet, maar die polisie wou nie kommentaar lewer nie.

Die ondersoek duur voort.