Gewapende rooftogte neem moontlik toe in woonbuurt

Deel hierdie storie / Share this story

Dit wil voorkom asof gewapende rooftogte in die Universitas-woonbuurt in Bloemfontein aan die toeneem is. Dít aldus Herman Lombaard van National Crime Assist.

In die jongste insident is ‘n vrou Woensdagaand met, wat Lombaard as ‘n baie groot mes beskryf, aangehou en beroof.

Die klaer, wat in Versterstraat woon, het geslaap toe die verdagte deur ‘n venster toegang tot die huis verkry het.

Hy het haar met die mes gedreig en het met ‘n skootrekenaar, selfoon en ‘n bergfiets op die vlug geslaan.

Lombaard het gesê hierdie is minstens die derde insident in die afgelope week in Universitas, met talle voorvalle in die voorafgaande paar weke. 

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Student gearresteer oor brand by kampus