Met die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, wat vroeër die week gewaarsku het dat ‘n vyfde vlaag teen einde van die maand verwag kan word, toon die jongste styging in Covid-19-gevalle ‘n duidelike opwaartse kurwe.
23 731 Covid-19-toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 2 032 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 8,6% verteenwoordig. Vandag het die departement van gesondheid drie sterftes aangemeld, waarvan een hiervan in die afgelope 24–48 uur plaasgevind het.
Die totale sterftes is tot dusver 100 070. Die meerderheid van die nuwe gevalle wat vandag aangemeld is, is getalle per provinsie soos volg:
Gauteng 40%; Kwa-Zulu Natal 24%;Wes-Kaap 22%; Oos-Kaap 5%; Vrystaat 2%; Mpumalanga 2%; Noordwes 2%; Limpopo 1% en die Noord-Kaap 1%. Die kurwe van nuwe positiewe gevalle wat vandag aangemeld is, staan op 8.6%. Dit is hoër as gister se 6.2%. Die 7-dae gemiddeld is 6.2%, wat hoër is as gister se 5.9%.




