Russiese soldate deur Oekraïense inwoners se pasteie ‘vergiftig’

Deel hierdie storie / Share this story

Twee Russiese soldate is dood en 28 ander in die hospitaal na hulle glo deur gebakte lekkernye wat deur Oekraïense inwoners aan hulle gegee is, vergiftig is. Só sê die Oekraïense minister van verdediging.

Twee soldate van die 3rd Motor Rifle Division is glo dadelik na hulle die lekkernye geëet het, dood.

Nog 28 troepe is in die intensiewesorgeenheid in ‘n hospitaal opgeneem en honderde ander soldate is siek na hulle deur alkohol vergiftig is – alkohol wat glo ook deur inwoners aan die soldate gegee is.

Die Oekraïense gevulde gebak (pyrizhky) is halfmaan-vorm gevulde rolletjies wat ‘n bekende lekkerny in die land is. Dié gebak kan met ‘n sout of soet vulsel gevul word. Die sout vulsels bestaan gewoonlik uit vleis of aartappels, kool, bone of lewer. Soet alternatiewe kan appels, appelkose, kersies of kaas insluit.

Die Main Intelligence Directorate of Ukraine het Saterdag gesê daar was volgens inligting inwoners wat die soldate wou “bederf” met die pasteie.

“As ‘n nagevolg, is twee dadelik oorlede en 28 ander in die hospitaal opgeneem.”

Daar kon nog nie vasgestel word presies watter gif gebruik is nie. – Daily Mail, Huffington Post

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Klein Tyson sedert 1 April vermis