Een van die mees gesoekte verdagtes in die Noord-Kaap is vasgetrek. ’n Soektog deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Hawks) het op Saterdag 5 Maart suksesvol geëindig.
Kaptein Tebogo Thebe, woordvoerder van die Noord-Kaap Valke, het gesê harde werk en intensiewe beplanning het ‘n deurbraak tot gevolg gehad.
“Die polisie het gebruik gemaak van ‘n leidrdaad wat die strop om die nek van die man wat in Prieska, in die Noord-Kaap gevind is, vasgetrek het,” het kapt Tebogo Thebe gesê.
Die verdagte staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord wat tussen Januarie en Februarie in Roodepan gepleeg is.
Thebe het gesê dat bykomende bewyse tydens die arrestasie deur beamptes gevind is.
“Wetstoepassers het die huis van die verdagte deursoek en op ‘n swart 9 mm-pistool, magasyn en 33 koeëls ammunisie beslag gelê,” het kaptein Tebogo Thebe gesê.
‘n Bykomende klag is bygevoeg vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Daar is ook tydens die arrestasie beslag gelê op ‘n voertuig ter waarde van ‘n geraamde bedrag van R50 000.
Die man, een van die mees gesoekte verdagtes in die Noord-Kaap, het Maandag 7 Maart sy eerste hofverskyning in die Prieska-landdroshof gemaak.
Die saak is tot 14 Maart uitgestel om ‘n formele borgtogaansoek in te dien. Die ondersoek duur voort.
Bronne: MSN, Economy24
Volg FiND iT hier.



