Die R31-pad tussen Koopmansfontein en die Danielskuil T-aansluiting bly gesluit weens voortgesette padwerke van die Noord-Kaapse departement van vervoer en openbare werke.
Crystal Robinson, woordvoerder vir dié departement, sê die reënval oor die naweek, veral Saterdagaand, het die watervlakke langs die pad laat styg.
“Tans word bykomende materiaal vervoer om die pad verder te lig. Die dreinering en pomp van water in die padreserwes is aan die gang.”
Verder sê Robinson is die departement deur verkeersbeamptes ingelig dat sommige motoriste die waarskuwingstekens vir padsluiting ignoreer. “Die departement sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies van eiendom of lewe nie.”



Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



