Die komediant Chris Rock het uiteindelik gepraat ná die drama wat by die onlangse Oscars afgespeel het.
Terwyl Rock op die verhoog was en net voor hy ‘n aankondiging sou maak, het hy ‘n grappie oor Will Smith se vrou gemaak. Smith het onverwags op die verhoog geklim en Rock geklap. Sedertdien het Rock nog nie ‘n woord gerep nie… tot nou.
Rock het op sy komedieprogram aan gaste gesê dat hy “nog verwerk wat gebeur het”.
Smith het dié aand sy eerste Oscar vir beste akteur in King Richard gewen en tydens sy toespraak het hy in trane om verskoning gevra.
Hy het ook via ‘n sosialemedia-plasing vir Rock om verskoning gevra.



